|
My man, Jacques Brel – Evita se perron, Darling
27 Februarie 2010
Biografie: Naòmi Morgan
Naòmi Morgan se ‘verhouding’ met Jacques Brel begin in 1978, toe haar Frans letterkunde dosent, Madame Claire Massardo (wat enkele maande vantevore uit die Belgiese Kongo na Bloemfontein gekom het) op haar Vrystaatse plot ‘n herdenkingsdiens vir die pas gestorwe Belgiese sanger gehou het. Dertig jaar later het Naòmi twee Brel-kabarette op haar kerfstok (My man, Jacques Brel en Die tere oorlog van die liefde) wat plaaslik en in België en Nederland opgevoer is (deur die trio Herman van den Berg, Matthys Maree en Naòmi Morgan) en het sy in samewerking met die dosent-digter Bernard Odendaal meer as 30 vertalings van Brel-liedere die lig laat sien. Sy werk ook tans aan ‘n biografie van Jacques Brel in Afrikaans. Sy is hoof van die Afdeling Frans aan die Vrystaatse Universiteit waar sy onder andere in liedvertaling spesialiseer. Liedvertalings uit Afrikaans na Frans sluit in die CD’s Afri-Frans I en Afri-Frans II (laasgenoemde word in Maart 2010 vrygestel). In die kabaret My man, Jacques Brel wat in sy nuwe formaat in Darling opgevoer sal word, speel sy die rol van Miche, Brel se steeds lewende eggenoot.
|